THANDA Een Slaapkamersuite : Slaap 2 Volwassenes en 2 kinders

Tariewe : 17 Jan 2022 – 17 Jan 2023

R1200.00 pn tot R1500.00  (2 nagte min)

Geniet die moderne, luukse eenheid met ‘n hoë grasdakplafon, daar is waaiers in die slaapkamer en sitkamer.  Die eenheid het ‘n groot slaapkamer met ‘n koningingroottebed, ingeboude kas en en-suite badkamer met ‘n buitelugstort. Ons verskaf kwaliteit linne en groot badhanddoeke en ‘n stapelbedjie in die sitkamer vir die kinders.

Vir u privaatgebruik is die eenheid toegerus met ‘n volledige kombuis met yskas/vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, al die nodige breekware en skoonmaakmiddels.  Daar is ‘n eethoekie tussen die kombuis en sitkamer waar etes binneshuis geniet kan word.  Die sitkamer het ‘n LCD TV en DSTV met selektiewe kanale.

Daar is ‘n onderdak-patio met ‘n tafel, stoele, en ‘n braai-area. Die twee eenhede deel ‘n kouewater plaspoel, wat 30m vanaf die eenhede is, met ‘n asemrowende bosvelduitsig.

Daaglikse skoonmaakdienste van die buite areas is ingesluit.  Bring slegs julle kos, koffie, tee, flitsligte, swemhandoeke en vuurmaakhout saam.