JABULANI FAMILIE EENHEID : Slaap 6

JABULANI TARIEWE :  Januarie 2022 tot Januarie 2023

 R2380.00 tot R2500.00 pn  (2 nagte min)

Hierdie eenheid is baie privaat en  losstaande van die ander eenhede.  Die eenheid het 2 slaapkamers, ‘n solder-area en beide die slaapkamers is toegerus met koningingroottebeddens en Lugverkoellers. Die solder-area het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders of volwassenes.  Al die kamers word voorsien van kwaliteit linne en groot badhanddoeke met ‘n gedeelde badkamer (slegs stort), aparte gastetoilet en buitelugstort.

Verder is die eenheid toegerus met ‘n volledige kombuis met groot yskas/vrieskas, Gas stoof/oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, al die nodige breekware en skoonmaakmiddels.  Daar is ‘n eethoekie tussen die kombuis en sitkamer waar etes binneshuis geniet kan word.  Die sitkamer het ‘n LCD TV en DSTV met selektiewe kanale.

Die eenheid het ‘n privaat vermaaklikheidsarea met ‘n onderdak-patio, tafel en stoele, braaigeriewe en privaat kouewater plaspoel.  Daar is ‘n groen grasperk, ‘n mooi tuin met inheemse bome om te geniet en ‘n parkeerarea in die koelte.

U akkommodasie sluit die private gebruik van die eenheid, braai en swembad area in.  Daaglikse skoonmaakdienste van die buite areas is ingesluit.   Al wat u moet saambring is u eie swemhandoeke, kos, koffie, tee, flitslig, klere en vuurmaakhout.