AKTIWITEITE BY PUMULA LODGE
- Neem ‘n rustige wandeling op een van ons staproetes of neem ‘n wildsrit met u eie voertuig tot by die grasveld en dam area.
- Vang vis of geniet ‘n piekniek of braai by die dam. Geniet die nuwe fasiliteite wat aangebou is by die dam.
- Roei met die Kano op die dam.
- Vir die kinders is daar ‘n speel area met swaaie en klimrame.
- Gaste is welkom om hulle bergfietse saam te bring om op die plaas rond te ry.
- Gaan op ‘n foto safari tussen die wilde diere en natuur op die plaas.
- Lees ‘n boek, speel bordspeletjies en geniet u geliefdes.
- Ontspan en koel af in die swembad met ‘n verfrissende koeldrankie.
- Neem die ongelooflike bosveldsonsondergang in en die stilte wat net die bos kan bied.
- Sit langs ‘n knetterende bosveldvuur, hoor die getjank van die Jakalse en ervaar die ongelooflike sterrenag wat u nie in die stad kan sien nie.
- Wat ookal u doen, ontspan en geniet dit!!
AKTIWITEITE NABY PUMULA LODGE
- Silver Streams dag Spa – 2 km
- Koro Creek Golf klub – 15km
- Waterberg Zipline 10km
- Sky-diving in Modimolle 15km
- Thaba Kwena Krokodil Plaas – 12km
- Forever Resorts Warmbad – 25km
- Sondela Wildlife rehabilitasie sentrum – 35km
- Groot 5 Wildbesigtiging Mabalingwe – 40km
- De Wild Shingwedzi Cheetah en Wildehonde Broeiprojek – 60km
- Zebula Wêreldklas Golfbaan 50km
- Zebula Olifant Interaksie 50km