THULILE Een Slaapkamersuite: Slaap 2 Volwassenes en 2 Kinders

Tariewe : 17 Jan 2018 – 17 Jan 2019

R1180.00 – R1380.00 pn  (2 nagte min)

Geniet die moderne, luukse eenheid met ‘n hoë grasdakplafon, daar is waaiers in die slaapkamer en sitkamer. Die eenheid het ‘n groot slaapkamer met ‘n koningingroottebed en en-suite badkamer met ‘n buitelugstort. Daar is ‘n enkelbed en slaapbank in die sitkamer vir die kinders.  Ons verskaf kwaliteit-linne en groot badhanddoeke.

Vir u privaatgebruik is die eenheid toegerus met ‘n volledige kombuis met yskas/vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, al die nodige breekware en skoonmaakmiddels.  Daar is ‘n eethoekie tussen die kombuis en sitkamer waar etes binneshuis geniet kan word.  Die sitkamer het ‘n LCD TV en DSTV met selektiewe kanale.

Daar is ‘n onderdak-patio met ‘n tafel, stoele, en ‘n braai-area. Die twee eenhede deel ‘n kouewater plaspoel, wat 30m vanaf die eenhede is, met ‘n asemrowende bosvelduitsig.

Die tarief sluit ‘n daaglikse skoonmaakdiens van die buite areas in, indien u skoonmaakdienste binne die eenheid verlang kan dit teen ‘n addisionele fooi verskaf word.  Al wat julle moet saambring is kos, swemhandoeke en vuurmaakhout.