THEMBA FAMILIE EENHEID Slaap 8

TARIEWE : 17 Jan 2018 – 17 Jan 2019

R3180.00 – R3380.00 pn (2 nagte min)

Geniet ‘n ware bosveld ervaring met baie spasie en privaatheid, hoë plafonne en al die nodige luukshede.  Die eenheid het drie slaapkamers en ‘n solder area, twee van die slaapkamers het elk ‘n koninging grote bed en en-suite badkamer.  Die derde slaapkamer het ‘n koninging grote bed en deel ‘n badkamer met die solder kamer.  Die solder kamer het twee enkelbeddens.  Daar is waaiers in elke slaapkamer en ‘n lugversorger in die sitkamer area.

Kwaliteit linne en groot bad handoeke word voorsien.  Die eenheid het ‘n volledige kombuis met groot yskas/vrieskas, 5 brander gasstoof/oond, mikrogolf, skottelgoedwasser en al die nodige elektriese toebehore wat nodig is.  Die sitkamer het ‘n LCD TV en DSTV met selektiewe kanale.

Kuier lekker onder die ruim onderdak patio met tafel en stoelle en ‘n boma braai area waar gaste rondom die vuur kan sit en ontspan.  Die eenheid het ‘n lieflike groot tuin en ‘n privaat kouewater swembad area omring met inheemse bosveld bome.

U akkommodasie sluit die private gebruik van die eenheid, braai en swembad area in.  Daaglikse skoonmaakdienste van die buite areas is ingesluit, indien u dienste binne die eenheid benodig kan dit teen ‘n addissionele tarief verskaf word.  Al wat u moet saambring is u eie swemhandoeke, kos, klere en vuurmaakhout.