JABULANI FAMILIE EENHEID : Slaap 6

TARIEWE :  17 Jan 2018 – 17 Jan 2019

 R2180.00 – R2380.00 pn  (2 nagte min)

Hierdie eenheid is baie privaat en eenkant van die ander eenhede.  Die eenheid het 2 slaapkamers, ‘n solder-area en beide die slaapkamers is toegerus met koningingroottebeddens en Lugverkoellers. Die solder-area het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders of volwassenes.  Al die kamers word voorsien van kwaliteit linne en groot badhanddoeke met ‘n gedeelde badkamer (slegs stort), aparte gastetoilet en buitelugstort.

Verder is die eenheid toegerus met ‘n volledige kombuis met groot yskas/vrieskas, stoof/oond, mikrogolfoond, al die nodige breekware en skoonmaakmiddels.  Daar is ‘n eethoekie tussen die kombuis en sitkamer waar etes binneshuis geniet kan word.  Die sitkamer het ‘n LCD TV en DSTV met selektiewe kanale.

Die eenheid het ‘n privaat vermaaklikheidsarea met ‘n onderdak-patio, tafel en stoele, braaigeriewe en kouewater plaspoel.  Daar is ‘n groen grasperk, ‘n mooi tuin met inheemse bome om te geniet en ‘n parkeerarea in die koelte.

U akkommodasie sluit die private gebruik van die eenheid, braai en swembad area in.  Daaglikse skoonmaakdienste van die buite areas is ingesluit, indien u dienste binne die eenheid benodig kan dit teen ‘n addissionele tarief verskaf word.   Al wat u moet saambring is u eie swemhandoeke, kos, klere en vuurmaakhout.